Die gewilde kunstenaars Jakkals Vibes en Blixim Straat, wat die musiekbedryf behoorlik op sy kop gekeer het en wie se liedjies vandag ’n stewige staanplek op treffersparades en radiospeellyste beklee, is twee van die kundige beoordelaars van vanjaar se FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie. Dié twee baanbrekers sal spesifiek die inskrywings in die splinternuwe kunsmatige intelligensie (KI)-afdeling van [...]
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is vanaf 2026 ’n volwaardige borg en strategiese vennoot van alle afdelings van die Con Spirito Kunsvereniging. Hierdie uitgebreide betrokkenheid bou voort op jare se samewerking en bevestig die FAK se toewyding om die Afrikaanse kultuur onder die jeug te bevorder en ontwikkel.Die FAK was voorheen slegs by sekere [...]
“Die geskiedenis kan nie verskraal, verdraai of verwyder word om ’n politieke ideologie ten koste van akademiese balans en kennisoordrag te dryf nie. Dit plaas nie net die integriteit van geskiedenisonderrig in Suid-Afrika onder verdenking nie, maar trek ’n doelbewuste streep deur ’n deel van die Afrikaner se historiese geheue.” Só sê dr. Danie [...]
Die afgelope week het hoër- en laerskoolleerlinge tydens Orania CVO se redenaarsbyeenkoms hul menings met selfvertroue uitgespreek. Cara Tomlinson, kultuurorganiseerder van die FAK in die Noord-Kaap, het as ’n beoordelaar tydens die geleentheid opgetree. Die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) stel jaarliks ’n lys van temas bekend waaruit leerlinge kan kies, waarna hulle [...]
Op 17 Maart word Sint Patrick’s-dag wêreldwyd gevier, maar vir Orania is dié dag vanjaar ekstra spesiaal. Die FAK het weer baie moeite gedoen om van dié dag ’n sukses te maak. Die dag is vernoem na Saint Patrick, wat die Christelike geloof na Ierland gebring het. Aanvanklik is dit as ’n Christelike vakansiedag [...]
Die groen vlaktes van die Karoo, afgewissel met plasse modderwater, vertel ’n storie van seën – ’n Oos-Kaap wat hierdie reënseisoen behoorlik asem kon skep. Teen hierdie vars, lewensgewende agtergrond het die FAK-Noord-Kaap onlangs ’n besoek aan die Oos-Kaap gebring, met die doel om moontlike betrokkenheid by die bewaring en instandhouding van Afrikanererfenis in dié [...]
Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Kultuurtuiste – wat die FAK, Voortrekkermonument en die Erfenisstigting insluit – is Donderdagaand op ’n glansgeleentheid by Foxwood House in Johannesburg deur die Afrikanerbond (AB) vir sy uitnemende leierskap vereer. Langner is die eerste ontvanger van die AB se Afrikaner Uitnemendheid-toekenning. Met dié toekenning word erkenning aan [...]
Inskrywings vir die tweede FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie open op 16 Maart, en met pryse ter waarde van R100 000, insluitend R25 000 kontant, beloof vanjaar se kompetisie om selfs groter, meer dinamies en meer relevant te wees. FAK-Skryf’it 2026 spog met ’n indrukwekkende paneel bekende kunstenaars wat as mentors en beoordelaars optree, groot belangstelling van aspirant-liedjieskrywers, [...]
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het op 5 Maart ’n spesiale toekenning van waardering aan Hendrik Gerhardus Johannes Beukes – beter bekend as Oom Gert – oorhandig vir sy erfenisbewaringswerk in die Oos-Vrystaat. Die toekenning is namens die FAK oorhandig deur Lieandri Ackermann, die organisasie se nuwe kultuurnetwerkkoördineerder in die Sentraal-streek, tydens die [...]
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) het vanjaar ’n splinternuwe kantoor by Akademia se Paarl-kampus geopen en Jolene le Roux as kultuurnetwerkkoördineerder in die Wes-Kaap aangestel. “Ek het as boorling van dié provinsie ’n diep persoonlike passie vir Afrikaans en kultuur, en wil as brugbouer met die gemeenskap, skole, studente en kultuurrolspelers hande vat [...]
HoofnuusWebmeester2023-04-25T06:29:13+02:00
