Die majestueuse Kaapstad-stadsaal het vir dekades as die spilpunt van stadsbestuur gedien – ’n plek waar besluitneming, stadsontwikkeling en diplomatieke onthale plaasgevind het.

Die FAK nooi jou uit na ’n uitsonderlike toer waarin jy die kans kry om die stadsaal te verken en kennis te maak met die nalatenskappe van die verskeie burgemeesters wat vanuit hierdie gebou regeer het; daar waar hulle wêreldleiers ontvang het.

Hierdie insiggewende uitstappie sluit ook ’n besoek aan die unieke Soldermuseum in, met spesiale fokus op seldsame artefakte. Kom ontdek saam met ons die geheime en stories wat in die mure van die stadsaal skuil, en verdiep jou ervaring van die Moederstad.

Die middag word op ’n genotvolle noot afgesluit met ’n ontspannende piekniek in die pragtige Kompanjiestuin.

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: 12 Julie 2025
  • Koste: R150 per persoon (toegangsfooi, piekniekmiddagete en begeleide storievertellings ingesluit)
  • Ontmoetingspunt: Kaapstad-stadsaal
  • Ontmoetingstyd: 09:00
  • Skryf in teen: 8 Julie 2025