Kom verken die Kompanjiestuin saam met die FAK. Die tuin is nie net bekend daarvoor dat dit die oudste openbare tuin in Suid-Afrika is ‎nie, maar huisves ook monumente en bakens van groot historiese waarde uit die VOC- en Eerste ‎Wêreldoorlog-tydperk. Die tuin met sy ryke geskiedenis, huisves meer as 50 besienswaardighede, ‎elkeen met ’n unieke storie.

Kom bederf jouself met ’n lekker dagaktiwiteit in die pragtige Kompanjiestuin en leer op ’n ‎prettige manier die VOC en Kaapse storie ken. Die skattejag vind in spanverband (nie groter as 6 ‎per span nie) plaas, maar individuele inskrywings is ook welkom.

Pak jou piekniekrugsak, trek aan jou stapskoene en kom deel in hierdie spesiale dag wanneer ons ‎die geskiedenis van Kaapstad bietjie ontgin.‎

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: Toere word op aanvraag aangebied
  • Koste: R100
  • Ontmoetingspunt: Kompanjiestuin, Kaapstad
  • Eindbestemming: Kompanjiestuin, Kaapstad
  • Duur van toer: ± 4½-5 ure
  • Groepgrootte: Geen beperking
  • Wat het jy nodig? Stapskoene, water, sonbrandroom en piekniekmandjie met verversings