
Kom verken saam met ons die geskiedenis van Krugersdorp. Ons ontmoet by die Pretorius-park-fontein en reis na verskeie bakens in Krugersdorp. Die kundige toergids sal die geskiedenis van Krugersdorp van 1880-1902 vir jou oopsluit terwyl ons rondry. Ons sluit af by die Ou Toppies Klub.
- Datum: Toere word op aanvraag aangebied
- Koste: R50 per persoon
- Ontmoetingspunt: Pretorius-park-fontein
- Eindbestemming: Ou Toppies Klub
- Duur van toer: 5 ure
- Groep grootte: Onbeperk
- Wat het jy nodig? Eie voertuig
- Alternatief: ’n Alternatiewe toer is beskikbaar met ander geskiedenis. Kontak om meer uit te vind.