Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

Cara Tomlinson

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Noord-Kaap.

  • “Ons onthou die Vrede van Vereeniging vandag nie net as ’n dokument nie, maar as ’n keerpunt in die geskiedenis. Ons onthou die ondertekenaars, maar ook die onbekende vrou met ’n sterwende kind in haar arms in die kamp. Ons onthou die oupa wat sy seun moes begrawe. Ons onthou die terugkeer na afgebrande en [...]

  • “Ek is opreg dankbaar dat ons Afrikanerjeug toegerus word om ons geliefde moedertaal te kan bevorder.” Só sê Hardus Louw, ’n lid van die graad 8-span van Kraaifontein Voortrekkers, nadat hy en sy span die besonderse geleentheid gehad het om die FAK se Suid-Kaap-kultuurnetwerk se unieke Taaldraai-toer te beleef. Met hierdie sentiment het Louw nie [...]

  • Die bekende Voortrekkerkinderbeeld wat reeds vir jare op die terrein van Hoërskool Voortrekker in Boksburg aan die Oos-Rand staan, is in die veilige hande van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ná dit onlangs deur ’n boom beskadig is. Die beeld, geskep deur die beeldhouer Phil Potgieter, is ’n belangrike deel van die skool se [...]