Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Jaco Cilliers

staan aan die hoof van ons nasionale kultuurnetwerkspan.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Mediaverklaring 27 Maart 2024 Eugène Marais word 88 jaar ná sy dood steeds beskou as een van die mees merkwaardige mense wat ons land nog opgelewer het. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en Die Koersvas-Voortrekkerkommando het ter herdenking van sy dood ’n krans gelê by die plek in Hartebeespoort waar hy sy lewe [...]

  • Nostalgie, tradisie, kleintyd onthou, gesellige samesyn, kosbare familieresep en koskultuur is alles woorde wat pas by melktert. Dit is dan ook nie verbasend dat Nasionale Melktertdag elke jaar gevier word nie. Kosskrywers en kosstiliste Mari-Louis Guy en haar broer Callie Maritz verwys op die agterblad van hul boek, Die Suid-Afrikaanse Melktertversameling, na melktert as [...]

  •   Sytze Wopkes Wierda was ‘n Nederlandse argitek en ingenieur wat op 28 Februarie 1839 in Friesland, Nederland gebore is, vanjaar 185 jaar gelede. Hy is in 1911 oorlede in Seepunt en begrawe in die Maitland begraafplaas naby Kaapstad. Personeellede van die FAK kantoor in die Kaap het op die herdenking van sy geboortedag [...]