Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.
Kontak hom gerus by:

Lieandri Ackermann
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Jolene le Roux
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Cara Tomlinson
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Noord-Kaap.
Kontak haar gerus by:
’n Byeenkoms wat nie net ’n kompetisie was nie, maar ’n viering van geloof, taal en identiteit. Dit was die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) se Nasionale Redenaars- en Kultuurfees wat op 22 en 23 Augustus aangebied is. Ongeveer 130 leerders van reg oor Suid-Afrika het met hul beste toesprake die gehoor beïndruk. Elke [...]
Orania CVO-skool besoek die Voortrekkermonument Leerlinge van die Orania CVO-skool het die Voortrekkermonument in Augustus ná afloop van hulle nasionale BCVO- kultuur-en-redenaarsbyeenkoms in Pretoria besoek. Ongeveer 20 leerlinge, al die pad van die Noord-Kaap, het die geleentheid gehad om hierdie wêrelderfenisbaken te besoek en meer oor die Groot Trek, Bloedrivier en ons geskiedenis te leer. [...]
Taalweek is ’n jaarlikse hoogtepunt wat deur die Orania Kunsteraad (OKeR) aangebied word. Vanjaar se taalweek was besonder spesiaal, want nie net vier ons die eeufees van Afrikaans as amptelike landstaal nie, maar in Augustus is die 150ste bestaansjaar van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) ook gevier. Die program het iets vir elke ouderdom [...]
