Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.
Kontak hom gerus by:

Lieandri Ackermann
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Jolene le Roux
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Cara Tomlinson
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Noord-Kaap.
Kontak haar gerus by:
Konsentrasiekampdag is op 16 Junie reg oor Suid-Afrika herdenk met talle seremonies en byeenkomste wat die pyn en opoffering van duisende vroue en kinders tydens die Anglo-Boereoorlog in herinnering geroep het. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) was saam met verskeie kultuurnetwerke en organisasies betrokke by herdenkingsgeleenthede in Vereeniging, Burgershoop, Kimberley en Irene, terwyl daar [...]
Dit is vanjaar 125 jaar sedert die inwerkingstelling van die verskroeideaardebeleid op 16 Junie 1900. Op Jeugdag onthou die FAK die duisende kinders wat in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog onder hierdie gewraakte beleid gely en gesterf het. Hierdie beleid was ’n onsuksesvolle poging deur Brittanje om ’n oorlog wat reeds langer geduur het as wat [...]
“Ons onthou die Vrede van Vereeniging vandag nie net as ’n dokument nie, maar as ’n keerpunt in die geskiedenis. Ons onthou die ondertekenaars, maar ook die onbekende vrou met ’n sterwende kind in haar arms in die kamp. Ons onthou die oupa wat sy seun moes begrawe. Ons onthou die terugkeer na afgebrande en [...]
