Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.
Kontak hom gerus by:

Lieandri Ackermann
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Jolene le Roux
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Cara Tomlinson
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Noord-Kaap.
Kontak haar gerus by:
“Ek is opreg dankbaar dat ons Afrikanerjeug toegerus word om ons geliefde moedertaal te kan bevorder.” Só sê Hardus Louw, ’n lid van die graad 8-span van Kraaifontein Voortrekkers, nadat hy en sy span die besonderse geleentheid gehad het om die FAK se Suid-Kaap-kultuurnetwerk se unieke Taaldraai-toer te beleef. Met hierdie sentiment het Louw nie [...]
Die bekende Voortrekkerkinderbeeld wat reeds vir jare op die terrein van Hoërskool Voortrekker in Boksburg aan die Oos-Rand staan, is in die veilige hande van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ná dit onlangs deur ’n boom beskadig is. Die beeld, geskep deur die beeldhouer Phil Potgieter, is ’n belangrike deel van die skool se [...]
“... Want dit is óns mense, óns storie, óns kultuur.” Só antwoord Charles Rademeyer, kultuurkoördineerder van die FAK, die vraag: “Waarom moet ons nog die mense onthou wat tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het?” Rademeyer het op Sondag 18 Mei, op die vooraand van die herdenking van die Vrede van Vereniging wat op 31 [...]
