Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Die FAK se Vrystaatse kultuurnetwerk het dié provinsie se toppresteerder in die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen onlangs vereer. Dit kom nadat Susan Bender van die Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) in die Oos-Vrystaat die hoogste gemiddeld in die Vrystaat behaal het met ’n ongelooflike 96%. Susan se prestasie is egter nie by die onlangse prestigegeleentheid van [...]
𝐖𝐚𝐭 𝐡𝐞𝐭 𝐝𝐢𝐞 𝐅𝐀𝐊 𝐝𝐢𝐞 𝐣𝐚𝐚𝐫 𝐛𝐲 𝐝𝐢𝐞 𝐇𝐞𝐥𝐝𝐞𝐚𝐤𝐤𝐞𝐫 𝐠𝐞𝐝𝐨𝐞𝐧? In die afgelope jaar het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) verskeie inisiatiewe aangepak om die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria, ’n belangrike kulturele en historiese terrein, te bewaar en te herstel. Die jaar het begin met samewerking tussen die FAK, verskeie instellings en kultuur organisasies om [...]
Op 2 November 2024 is die 200ste bestaansjaar van die Kaapse Sinode herdenk. Sedert die eerste Sinodesitting op 2 November 1824 het talle instellings, organisasies en inisiatiewe, vanweë aanvoerwerk en dryfkrag vanuit die geledere van predikante en teoloë, hul beslag gekry. Die FAK se Kaapse kantoor se personeel en FAK-vriende het Saterdag die lewe en [...]