Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Op 16 Desember 1949 het dr. D.F. Malan voor ’n skare van duisende, aan die voet van die pas ingewyde Voortrekkermonument in Pretoria, gestaan en gevra: “U wat uself Afrikaner noem, waar gaan jy heen? Sal Suid-Afrika nou en altyd vir uself en vir u kinders die uitdaging aanneem en moedig, vasberade u taak aanvaar [...]
Soos ’n mens deur die rye grafte in die Heldeakker stap, lees jy nie net name soos Pretorius, Kruger, Pierneef, Marais in granietblaaie geëts nie, jy lees die diepgewortelde verhaal van Afrikaans – ’n storie wat my én jou verhaal vandag nog vorm! Die Heldeakker is ’n geskiedkundige deel van die Kerkstraat-begraafplaas in Pretoria se [...]
Die Kaapse wynlandgoed Vergelegen vier op 1 Februarie sy 325ste bestaansjaar. Gevestig in 1700 was hierdie landgoed destyds die eiendom van die toenmalige Kaapse goewerneur Willem Adriaan van der Stel wat sy vader as goewerneur van die Kaapkolonie in 1699 opgevolg het. ’n Groep van 21 Kaapse FAK-vriende het hierdie besondere historiese landgoed op Saterdag [...]