• In ’n reuse- tegnologiese sprong die toekoms in om die Afrikaanse taal, tradisies, kultuur en erfenis vir komende geslagte te bewaar, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) op Vrydag 7 Maart ’n innoverende Erfenistoepassing (app) bekendgestel. Dié baanbrekerapp plaas erfenis in jou handpalm en stel individue in staat om nie net ambassadeurs en beskermhere [...]

  • Kulturele leierskap, sakevernuf en erfeniseienaarskap is drie woorde wat ’n mens met groot vrymoedigheid by die enorme erflating van Nicolaas Cornelius (Nico) Tromp kan voeg. Tromp is Vrydag 7 Maart tydens ’n gesamentlike direksieberaad van die Voortrekkermonument (VTM) en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) met ’n baie gepaste huldeblyk vereer: ’n borsbeeld in die [...]

  • Gaste luister aandagtig na dr. Marius Ackermann se Moerdijk-gedenklesing met die tema: “Jan Smuts, die Afrikaner – 75 jaar later” (Foto: Niël Langner) Heelwat Afrikaners het ’n sterk agterdog jeens genl. Jan Smuts (1870-1950) oor sy uitgesproke pro-Britse beleid kort ná die afloop van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902). Hy was egter ’n geniale leier [...]

  • Wanneer jy vandag teen die trappe van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl opstap, trek die woorde “Dit is ons erns”, in groot letters uitgeëts in die plaveisel van die paadjie na die monument, dadelik jou aandag ... Dit is nie net woorde nie, maar ’n opdrag om eienaarskap van jou taal te neem; ’n [...]

  • Veertig jaar gelede, op 5 Maart 1985, is die vader van die geliefde Trompie- en Saartjie-boekreekse, Matthys Gerhardus Smith, in die ouderdom van 70 jaar oorlede. Die FAK vier in die gees van Afrikaans se 100ste bestaansjaar vanjaar opnuut dié meesterstorieverteller se ryk storienalatenskap. Volgens Dawid Brand, hoof: beeld en groei van die FAK, het [...]

  • Katinka Heyns, die vervaardiger van Fiela se Kind deel haar herinneringe van die verfilmingsproses met die FAK-lede in die Kaap. (Foto: Verskaf) Dit is ’n besondere kuns om gehalte- Afrikaanse rolprente met ’n dieper inslag en terselfdertyd vir die genot van ’n groter gehoor te vervaardig – ’n kuns wat Sonneblom Films sedert [...]