• Wanneer jy vandag teen die trappe van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl opstap, trek die woorde “Dit is ons erns”, in groot letters uitgeëts in die plaveisel van die paadjie na die monument, dadelik jou aandag ... Dit is nie net woorde nie, maar ’n opdrag om eienaarskap van jou taal te neem; ’n [...]

  • Veertig jaar gelede, op 5 Maart 1985, is die vader van die geliefde Trompie- en Saartjie-boekreekse, Matthys Gerhardus Smith, in die ouderdom van 70 jaar oorlede. Die FAK vier in die gees van Afrikaans se 100ste bestaansjaar vanjaar opnuut dié meesterstorieverteller se ryk storienalatenskap. Volgens Dawid Brand, hoof: beeld en groei van die FAK, het [...]

  • Katinka Heyns, die vervaardiger van Fiela se Kind deel haar herinneringe van die verfilmingsproses met die FAK-lede in die Kaap. (Foto: Verskaf) Dit is ’n besondere kuns om gehalte- Afrikaanse rolprente met ’n dieper inslag en terselfdertyd vir die genot van ’n groter gehoor te vervaardig – ’n kuns wat Sonneblom Films sedert [...]

  • Op 16 Desember 1949 het dr. D.F. Malan voor ’n skare van duisende, aan die voet van die pas ingewyde Voortrekkermonument in Pretoria, gestaan en gevra: “U wat uself Afrikaner noem, waar gaan jy heen? Sal Suid-Afrika nou en altyd vir uself en vir u kinders die uitdaging aanneem en moedig, vasberade u taak aanvaar [...]

  • Dr. Danie LangnerOns Here Jesus het self hierdie twee intense emosionele belewenisse by mekaar uitgebring in sy Bergpredikasie: “Salig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word” (Matt. 5:4).In ’n aangrypende boek van net meer as 100 bladsye, vertel dr. Danie Langner van Treur en Troos wat mekaar in ’n tuin ontmoet en mekaar [...]

  • ’n Golf van opgewondenheid en trots het op 24 Februarie deur Die Hoërskool Menlopark se gange gebruis toe die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die FAK-Jeug ’n spesiale toekenning aan dié skool oorhandig het.   Dié toekenning vir akademiese uitnemendheid en moedertaaltrots kom nadat die Hoërskool Menlopark die meeste onderskeidings landwyd in Afrikaans Huistaal [...]