• Die FAK-kultuurnetwerke is die hartklop van erfenisbewaring in ‘n gemeenskap en die nuwe Pietersburg-Kultuurnetwerk dra nou by tot hierdie pols. Hierdie netwerk is amptelik op die 25ste Julie gestig met ‘n rekord getal gaste wat die geleentheid bygewoon het.   Hester Roodt, ondervoorsitter van die nuutgestigde kultuurnetwerk, sê: "Die stigting van hierdie kultuurnetwerk gaan vir [...]

  • Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge  (FAK) se eie Olimpiese Spele, ons Taallimpiese Spele, het vandag amptelik afgeskop.   Die Taallimpiese Spele is ’n unieke en boeiende viering van taal. Met die gees van die Olimpiese Spele in Frankryk wat ook vandag amptelik begin het, het hierdie geleentheid 'n verskeidenheid taalgebaseerde speletjies bevat wat ontwerp is [...]

  • Vandag was die begin van 'n betekenisvolle inisiatief om die toewyding en passie van Afrikaansonderwysers regoor Gauteng te vereer. Bekende plaaslike Afrikaanse volksmusieksanger Stefan Jansen het in samewerking met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) 'n spesiale projek geloods wat daarop gemik is om die onskatbare bydraes van Afrikaanse onderwysers te vier. Die projek het [...]

  • Inwoners van Swellendam het die week bande gesmee met die oudste Afrikaanse kultuurorganisasie in Suid-Afrika om die ryk erfenis van dié dorp te bewaar en te beskerm vir alle toekomende geslagte. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Suidelike streek het gister die 11de kultuurnetwerk in Swellendam in die Wes-Kaap gestig. Die FAK se kultuurnetwerke [...]

  • Dis 10 dae voor die Olimpiese Spele in Parys in Frankryk afskop, maar dit is ook 10 dae voor die FAK se eie Spele in Suid-Afrika begin. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) hou vanjaar vir die eerste keer hulle eie “Olimpiese Spele”, naamlik die Taallimpiese Spele. Die FAK sal van nou af elke vier [...]

  • Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) Jeug het die afgelope naweek die hoogs verwagte Plaasjapie-Sokkie by die Voortrekkermonument se Voortrekkersaal aangebied en jongmense van regoor die streek gelok vir ’n aand van pret, lag en dans. Die geleentheid was ’n groot sukses, met ’n verskeidenheid aktiwiteite wat almal deur die aand vermaak het. Die jong [...]