Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) het vanjaar ’n splinternuwe kantoor by Akademia se Paarl-kampus geopen en Jolene le Roux as kultuurnetwerkkoördineerder in die Wes-Kaap aangestel. “Ek het as boorling van dié provinsie ’n diep persoonlike passie vir Afrikaans en kultuur, en wil as brugbouer met die gemeenskap, skole, studente en kultuurrolspelers hande vat [...]
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se voetspoor in die Oos-Vrystaat het ’n reuse-hupstoot gekry met die aanstelling van Lieandri Ackermann as kultuurnetwerkkoördineerder vir die Sentrale streek. Lieandri, wat reeds meer as vyf jaar vir die FAK by die Voortrekkermonument werk, betree ’n nuwe hoofstuk in haar lewe – persoonlik én professioneel – wanneer [...]
Inskrywings vir die FAK se gewilde jaarlikse Internasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade het vandag geopen en vanjaar se projek beloof om die grootste tot nog toe te wees. Met ’n verfynde struktuur, groter internasionale deelname en diepgaande leergeleenthede vir kinders wêreldwyd, word ’n selfs sterker klem op die belangrikheid van kennis, erfenis en geskiedenis as boustene vir [...]
“Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gee sy ondubbelsinnige steun aan Afrikaners wat jaarliks op 16 Desember die Gelofte van 1838 in ere wil hou, teen die aandrang van Suid-Afrika se president en regeringslui om tradisionele Geloftefeeste in regeringsgedrewe, staatlike en politieke ‘Versoeningsdagvierings’ te laat opgaan.” Só sê die voorsitter van die FAK se [...]
Die internasionaal gerekende skilder Kobus Möller het op Donderdag 4 Desember ’n unieke, eksklusiewe koffietafelkunsboek, Risk & Reward, by die Voortrekkermonument bekendgestel. Hierdie publikasie, waarvan slegs 500 eksemplare beskikbaar is, is nie net ’n besonderse getuigskrif van Möller se lewenswerk oor meer as vyf dekades nie, maar elke eksemplaar spog ook met ’n handgeskilderde [...]
’n Groot gemeenskapsinisiatief, waar die FAK ‘n ondersteunende rol gespeel het, het nuwe lig gewerp op een van Brakpan se belangrikste, maar lank verwaarloosde erfenisterreine. Dié inisiatief is gelei deur Rudolf Herbst, wat ook dien as die voorsitter van die FAK Oos-Rand-kultuurnetwerk. Hierdie aksie is deur ‘n verbasende groot groep plaaslike inwoners en organisasies [...]
MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00
