• “Erfenis is nie net tasbare dinge nie, dis nie net monumente of volkspele of koeksisters nie – dit is ook liefde, kultuur en stories wat van geslag tot geslag oorgedra word. Wanneer jy die woorde van Psalm 16:6 lees, word jy daagliks herinner aan die mooi van jou kulturele erfenis.” Só vertel Cara Tomlinson, kultuurkoördineerder [...]

  • Die FAK-VTM-Kunsgalery het op Donderdag 20 Maart ’n uitsonderlike seisoenopening in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument aangebied. Die aand het afgeskop met ’n musiekitem deur tjellis, Erica Ball, BMus-student aan die Universiteit van Pretoria, met Betsie Schaap op die klavier. Ball is vanjaar die eerste ontvanger van die FAK/AON-Musiekstudiebeurs wat in 2024 ingestel is. Haar [...]

  • Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) bearbei hulself met die ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur, veral in klein gemeenskappe en skole. Hulle het onlangs die geleentheid gehad om in die Noord-Kaap hierdie werk voort te sit met hul betrokkenheid by die CVO Skool Orania se redenaarskompetisie. Die CVO Skool Orania het oor die [...]

  • ’n Groep blitsbreine het Dinsdag 19 Maart hul (woord)staal by die Voortrekkermonument in Pretoria gewys in ’n Flinkdink-vasvrakompetisie wat deur die Rapportryerbeweging (RRB) en die FAK aangebied is. Dit is die tweede keer dat dié geleentheid deur die RRB gehou is. Vanjaar se woordstryd was ekstra spesiaal omdat dit deel vorm van die RRB en [...]

  • Musiek is ’n kunsvorm wat taalgrense oorsteek en direk tot die hart en siel spreek. Dit word gehoor, maar bowenal gevoel. Dié woorde was Woensdag 19 Maart opnuut ’n hoorbare én voelbare werklikheid tydens die FAK-Jeugsimfonieorkes se Eeufeeskonsert wat in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument aangebied is. Dié orkes onder leiding van die talentvolle dirigent [...]

  • Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het tussen 400 en 500 Iere hulle met die Boere se stryd om vryheid vereenselwig. Dit was ’n kameraadskap wat vandag steeds voortleef in ons verhale én monumente reg oor die land. Een so monument is die Ierse Monument in Orania waar die FAK op 17 Maart, op die herdenking van [...]