Orania CVO-skool besoek die Voortrekkermonument Leerlinge van die Orania CVO-skool het die Voortrekkermonument in Augustus ná afloop van hulle nasionale BCVO- kultuur-en-redenaarsbyeenkoms in Pretoria besoek. Ongeveer 20 leerlinge, al die pad van die Noord-Kaap, het die geleentheid gehad om hierdie wêrelderfenisbaken te besoek en meer oor die Groot Trek, Bloedrivier en ons geskiedenis te leer. [...]
Die Senotaafsaal in die Voortrekkermonument was Sondag 10 Augustus gevul met kerslig, musiek en herinnering – ’n gepaste ruimte vir die “Winternag”-kersligskemerkonsert, een van die hoogtepunte van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se weeklange 150-jarige viering van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Dit was enersyds ’n huldeblyk aan Eugène Marais [...]
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die Afrikaanse Protestante Akademie (APA) het op 13 Augustus ’n huldeblyk aan die Afrikaanse taal en kultuur gebring met ’n luisterryke Eeufeesglansaand in die historiese Senotaafsaal van die Voortrekkermonument. Die geleentheid was ’n hutspot van geskiedenis, musiek, poësie en gesellige samesyn – alles in die gees van ’n [...]
Afrikaans is nie net ’n taal wat op ’n dag toevallig uit die niet verskyn het en tot wêreld- en akademiese taal gegroei het nie. Sy is deel van ons wesenswortels, leef in mond én hart. Dit is hoe jy jou kinders troos, hoe jy jou ouers groet, hoe jy saam met jou vriende lag. [...]
Taalweek is ’n jaarlikse hoogtepunt wat deur die Orania Kunsteraad (OKeR) aangebied word. Vanjaar se taalweek was besonder spesiaal, want nie net vier ons die eeufees van Afrikaans as amptelike landstaal nie, maar in Augustus is die 150ste bestaansjaar van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) ook gevier. Die program het iets vir elke ouderdom [...]
Vryheid en oorvloed, die jongste werk van dr. Carel Boshoff, voorsitter van die FAK-direksie, is op 15 Augustus tydens ’n ontbyt in die Kruger-galery by die Voortrekkermonument bekendgestel. Dié bekendstelling was ter afsluiting van die FAK se weeklange 150ste herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Volgens Boshoff is dit ’n [...]
MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00
