Op versoek van die Vaktaalskakelkomitee van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het die Uitvoerende Komitee van die FAK besluit om die Handhaaf-en-Boureeks wat in 1936 gepubliseer is, deeglik te hersien, ruim aan te vul en in handige sakformaat in druk uit te gee. Hierdie lys van motorterme is die eerste van die nuwe reeks.

Die Taal- en Taalhandhawingskomitee van die FAK, wat verantwoordelik is vir die opstel van hierdie termelyste, het die hulp verkry van mnr. C Cillié, ‘n senior personeellid van die Spoorwegtaalburo. As deskundige met jarelange ondervinding op dié gebied, het hy in sy vrye tyd hierdie beknopte lys van motorterme met behulp van die bestaande Motorwoordeboek van die Spoorwegtaalburo oordeelkundig en noukeurig opgestel. Aan die einde is dit aangevul met ‘n aantal padverkeersterme, opgestel deur mnr. JG du P Pretorius, hoofvertaler van die Johannesburgse Stadsraad. Graag betuig die FAK sy dank aan mnre. Cillié en Pretorius en verleen hy ook die nodige erkenning aan die Spoorwegtaalburo vir die gebruik van sy woordeboek en aan die SA Vereniging van Munisipale Vertalers.

Vul die onderstaande vorm in om jou gratis motorterme e-publikasie te ontvang.