Die Navorsingstrust van die Erfenisstigting nooi navorsers hartlik uit om vir finansiering vir gevorderde studie aansoek te doen. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Maart 2025.

 

Die Navorsingstrust is in 2005 deur die Erfenisstigting (ES) op die been gebring. Die ES is ’n maatskappy sonder winsoogmerk en het ten doel om met belanghebbende instellings saam te werk om breë navorsing oor Afrikaner- en Afrikaansverwante aangeleenthede te bevorder, uit te voer, te finansier en te koördineer.

 

Finansiering vir gevorderde studie oor Afrikaner- en Afrikaansverwante onderwerpe is tans beskikbaar. Aansoeke van die volgende aard sal nie vir finansiering in aanmerking kom nie: fiksie, familiegeskiedenis (wel oor genealogie as ’n wetenskap), kongresbywoning en kapitaalprojekte. Navorsing moet aan streng akademiese vereistes voldoen en die resultate moet in Afrikaans gepubliseer word.

 

Om aansoek te doen, kontak Lizette Jansen by [email protected]. Slegs aansoeke wat teen 31 Maart 2025 ontvang is, sal oorweeg word.