31 Mei het besonderse historiese waarde in ons geskiedenis. Op 31 Mei 1902 is die Vrede van Vereeniging in Melrose Huis, Pretoria, onderteken. Dit het ’n einde aan die verwoestende Anglo-Boereoorlog (ABO) en die verskroeideaardebeleid gebring, maar ook die einde van vrye Boererepublieke ingelui.
Op 31 Mei 1910 het die Unie van Suid-Afrika beslag gekry – ’n hernieude opflikkering in ’n strewe na vryheid. En op 31 Mei 1961, ná byna ses dekades se stryd om onafhanklikheid, het Suid-Afrika ’n Republiek geword.
Vandag herdenk ons 31 Mei as deel van ’n voortdurende en ontvouende vryheidsreis – ’n vryheid waarin ons taal, geloof, kultuur en erfenis vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan. ’n Vryheid – ’n groeiende aarde – waarvan ons self eienaarskap moet neem; toekomshoop waaraan ons eiehandig en aktief moet bou. Ons kinders se kulturele erfporsie is in my en jou hande!
Van volksplanting tot republiek is een van die FAK e-publikasies. Die teks en foto’s kom uit die Suid-Afrikaanse Panorama van Mei 1961.
Vul gerus die vorm hieronder in om die e-publikasie af te laai en te sien wat dr. W Punt en dr. J Ploeger in 1961 geskryf het: