Hierdie toer fokus oor ’n lang tydperk; van 1837 tot en met onlangse verskilmakers. Die toer wys die vasberadenheid en die vertroue in die Here, op soek na ’n beter toekoms, al was daar verskeie lae punte gewees. Kom reis saam met die FAK deur Pietersburg waar ons julle meer vertel van die ontstaan en ontwikkeling van dié dorp. Ons sal rondreis en ’n toergids sal die geskiedenis lewendig maak soos elke baken besoek word.

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: Toere kan aangebied word op aanvraag
  • Koste: R80 per persoon
  • Ontmoetingspunt: Louis Trichardt/Hendrik Potgieter-monument, Pietersburg
  • Eindbestemming: Pietersburg-stadsplein
  • Duur van toer: 5 ure
  • Groepgrootte: Onbeperk
  • Wat het jy nodig? Eie voertuig