
Kom verken en stap saam met die FAK op die Kerkplein in Pretoria. Die ou geskiedenis van die stad word herleef, gevier en oorvertel. Dit is van kardinale belang dat ons as Afrikaners diegene moet onthou wat voor ons gekom het. ’n Toergids sal gereed wees om jou vrae te beantwoord en saam die geskiedenis te ontdek. Vir veiligheid is ’n sekuriteitswag teenwoordig.