Die FAK nooi jou uit om saam die geskiedenis van Oom Paul te herleef. Ons toer Pretoria in ’n konvooi om bakens te besoek wat Paul Kruger herdenk. Vanaf Melrosehuis na Paul Kruger se sterfkamer by die Voortrekkermonument. Word geïnspireer deur die opofferinge wat vir Afrikaners gemaak is. ’n Kundige toergids sal jou begelei.

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: Toere word op aanvraag aangebied
  • Koste: R80 per persoon
  • Ontmoetingspunt: Melrosehuis
  • Eindbestemming: Voortrekkermonument
  • Duur van toer: 5 ure
  • Groepgrootte: Onbeperk
  • Wat het jy nodig? Eie voertuig