Die FAK nooi jou uit om Paul Kruger se geskiedenis in Rustenburg te verken. Verskeie bakens word besoek in ’n konvooi van voertuie. Die toergids ry voor en sal die lewe, denkwyse en invloed van Oom Paul deel. Ons begin by die Paul Kruger Lodge met koffie en beskuit, en vertrek van daar af na die Beeld van Versoening, Kruger-standbeeld en ander bakens. Kom ry saam.

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: Toere word op aanvraag aangebied
  • Koste: R80 per persoon
  • Ontmoetingspunt: Paul Kruger Lodge, Rustenburg
  • Eindbestemming: Boekenhoutsfontein, Paul Kruger se plaas
  • Duur van toer: 5 ure
  • Groepgrootte: Onbeperk
  • Wat het jy nodig? Eie voertuig