Vandag was die begin van ‘n betekenisvolle inisiatief om die toewyding en passie van Afrikaansonderwysers regoor Gauteng te vereer.

Bekende plaaslike Afrikaanse volksmusieksanger Stefan Jansen het in samewerking met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ‘n spesiale projek geloods wat daarop gemik is om die onskatbare bydraes van Afrikaanse onderwysers te vier.

Die projek het amptelik afgeskop op die 26ste Julie by Hoërskool Centurion, waar alle Afrikaanse onderwysers hartlik herdenk is. Hul toewyding om ‘n liefde vir die Afrikaanse taal en kultuur by hul studente te kweek is met opregte waardering erken. Elke onderwyser is toegejuig deur die leerders, en het ook ‘n toekenning ontvang vir hulle harde werk en toewyding aan moedertaal onderrig.

“Ons nooi die gemeenskap uit om deel te neem aan hierdie saak deur Afrikaanse onderwysers te nomineer wat ‘n beduidende impak in hul skole gemaak het. Hierdie benoemings sal ons help om ‘n lig te skyn op die merkwaardige werk wat deur hierdie onderwysers gedoen word, om te verseker dat hulle die erkenning ontvang wat hulle werklik verdien,” het Stefan Jansen gesê.

Vir meer inligting oor hoe om ‘n onderwyser te nomineer of om meer oor die FAK se projek te wete te kom, besoek asseblief die FAK se webwerf.