Kom stap saam op die historiese Muratie-wynlandgoed en skerp ook sommer jou kennis van ‎geskiedenis en erfenis bietjie op. Hierdie landgoed, in die Knorhoekvallei buite Stellenbosch, het ’n ryk geskiedenis van kleurryke ‎mense wat nou verweef is met die ou Kaapse geskiedenis.

Pak jou rugsak, trek jou stapskoene aan, sit jou sonhoed op. Die 3.5 km-sirkelstaproete is ’n ‎gemaklike roete met meer as 220 handgeboude houttrappies wat pragtige uitsigte oor Tafelberg in ‎die verte bied. Na afloop van die stap, besigtig die oorspronklike plaasopstal en ’n groot eikeboom. Die wynproelokaal en restaurant kan op eie tyd en rekening ‎besoek word.‎

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: Toere word op aanvraag aangebied
  • Koste: R75
  • Ontmoetingspunt: Dirtopia-roetesentrum, Muratie-wylandgoed, Knorhoekweg,

 vanaf R44 naby Stellenbosch

  • Eindbestemming: Dirtopia-roetesentrum, Muratie-wylandgoed, Knorhoekweg,

 vanaf R44 naby Stellenbosch

  • Duur van toer: 4 ure
  • Groepgrootte: Maksimum 30 mense
  • Wat het jy nodig? Stapskoene, hoed, sonbrandroom en water