
Vergelegen-wynlandgoed het meer as 300 jaar gelede op 1 Februarie 1700 sy ontstaan gehad en was die plaas van goewerneur Willem Adriaan van der Stel. Begelei deur ’n kundige gids doen ons ’n erfenis- en tuintoer op hierdie landgoed wat in 2019 as provinsiale erfenisterrein verklaar is en genomineer is as wêrelderfenisterrein. Die talle pragtige historiese geboue word met 17 tematuine aangevul. Na afloop van die begeleide toer kan elkeen na eie keuse die tuine verder verken, ’n sirkelroete van ongeveer 2½ km-stap of by een van die restaurante gaan eet.