Met die Vrede van Vereeniging se toer, besef ’n mens net weer watter opofferinge daar gemaak is. Dit was nie net ’n oornagbesluit nie, maar ’n besluit geneem in geloof. Die mans het besef dit gaan meer as oor veg. Dit gaan oor die vrouens en kinders en die toekoms van hul nageslag. Vandag herdenk ons graag hierdie persone deur kransleggings en onthou, sodat hierdie storie ook deur my en jou kinders oorgedra kan word. Kom reis saam met ons vanaf Vereeniging tot die Voortrekkermonument. Die toergids sal voor ry en waardevolle inligting deel wat sal sorg vir ’n onvergeetlike dag.

BELANGRIKE INLIGTING

  • Datum: 31 Mei
  • Koste: R80 per persoon
  • Ontmoetingspunt: Vredesboom in Vereeniging
  • Eindbestemming: Voortrekkermonument
  • Duur van toer: 07:00-17:00
  • Groepgrootte: Onbeperk
  • Wat het jy nodig? Eie voertuig