Die pragtige klanke van klassieke opera het Sondag, 8 Desember 2024, tydens die tweede jaarlikse FAK Opera Gala, die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument gevul.
Jaco van Staden, dirigent van die Pretoria Simfonieorkes, sรช: โ€œDit was โ€™n geweldige voorreg om deel te kon wees van die Opera Gala. Die Opera Gala is spesifiek daarop gerig om opera op die voorgrond te plaas en om dit uit te brei in die gemeenskap en geleentheid te gee aan kunstenaars om aan operakonserte deel te kan neem.โ€
Die gehoor is meegevoer met die optrede deur die Pretoria Simfonieorkes, gelei deur Jaco van Staden, saam met vier talentvolle soliste: sopraan Ilze van Staden, mezzosopraan Erin Beck, tenoor Coert Grobbelaar en bariton Douwe Bijkersma.
โ€œEk dink ek praat namens al die soliste โ€“ baie dankie vir die geleentheid! Dit was so lekker gewees. Ons is regtig so bevoorreg om saam met so โ€™n fantastiese orkes te kon werk, hulle het ongelooflik mooi gespeel,โ€ het Ilze van Staden gesรช.
Erin Beck meen dat sy bly is dat sy haar liefde vir operamusiek met die gehoor kon deel.
โ€œDie konsert was vir my โ€™n fantastiese geleentheid as jong sangeres en dit is altyd โ€™n groot voorreg om saam met โ€™n uitstekende orkes en soliste te kan optree. Dit was vir my โ€™n groot voorreg om my liefde vir klassieke musiek met ander te deel.โ€
Vir Coert Grobbelaar was hierdie Opera Gala-konsert regtig besonders. โ€œVir my as solis is dit so belangrik om aan sulke tipe operakonserte deel te neem, want as ons dit nie doen nie, gaan opera verlore gaan.โ€
Volgens Douwe Bijkersma dien die Opera Gala as bewys van mense se liefde vir operamusiek in vandag se tyd.
โ€œDit was weereens so โ€™n voorreg gewees en dit het my verwagtinge oortref. Die Opera Gala-konsert het ook vir my gewys dat daar steeds โ€™n behoefte en hongerte is vir operamusiek-byeenkomste.โ€
Hulle het bekende stukke uit geliefde operas soos Carmen, La Traviata, Don Giovanni en Tosca opgevoer. Die geleentheid was โ€™n ware viering van klassieke musiek, en die gehoor is behoorlik bekoor deur die ongelooflike sang en orkesmusiek.
โ€œDit was pragtig!โ€ sรช Egmont Dennyschen, een van die gaste by die Opera Gala. โ€œDaar is geen ander woorde nie. Ek sal definitief weer wil kom!โ€
Daleen Allers, ook een van die gaste wat die Opera Gala bygewoon het, sรช: โ€œHierdie was โ€™n aand wat ek regtig sal onthou. Ek voel so trots. Suid-Afrika het โ€™n blink toekoms met hierdie mense wat vanaand gesing het. Die orkes was regtig fenomenaal. Baie dankie aan die FAK wat dit aangebied het en aan Mayford wat dit geborg het.โ€
โ€œDit was baie lekker om hierdie konsert saam met Mayford Seeds en Paul Vonk te kon aanpak. Hy is โ€™n wonderlike storieverteller en hy kleur regtig die konsert baie mooi in. Hy het โ€™n lekker atmosfeer geskep,” meen van Staden.
Die FAK bedank graag die kunstenaars, die orkes en al die gaste wat die geleentheid โ€™n wonderlike sukses gemaak het.