Die afgelope naweek het โ€™n groep geskiedenisliefhebbers saam met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) โ€™n opwindende toer deur Krugersdorp meegemaak en nuwe lewe geblaas in die ryk geskiedenis van diรฉ dorp.
Die Krugersdorp-Geskiedenistoer wat vanjaar weer deur die FAK se plaaslike kultuurnetwerk aangebied is, het die inwoners van die dorp sowel as besoekers van buite โ€™n terugblik gegee op die dorp se geskiedenis en weer trots gekweek onder mekaar.
Charles Rademeyer, FAK-kultuurkoรถrdineerder sรช hierdie toer is ten doel om die belangrike geskiedkundige punte in Krugersdorp weer aan die publiek bekend te stel.
Die voorsitter van die Krugersdorp Kultuurnetwerk, Freddie Hardman, het tydens die toer stories van saamstaan, swaarkry, van goeie en swaar tye in die geskiedenis van die dorp vertel. Hardman is โ€™n ywerige erfenisliefhebber en het elke besoeker geรฏnspireer en opnuut laat besef waarom hul erfenis belangrik is.
Die toer het afgeskop by โ€™n baie unieke fontein in die Pretorius-park, waar die Krugersdorp-kommando in 1880 vergader het met die anneksasie van die Republiek van Transvaal.
Hierdie fontein het ook gedien as โ€™n punt waar die burgers, asook die perde kon water drink en vars kon vertrek op kommando teen die Britte.
Daarna het die groep na Queenโ€™s Battery, waar die kommando gehelp het om die Jameson-inval te keer, vertrek.
Hiรฉr, vertel Rademeyer, sien mens die landskap en besef opnuut watter uitdagings voor die kommando gelรช het.
โ€œOm op sรณ โ€™n toer besoek te kan aflรช op die presiese plekke waar die verhale uit ons geskiedenis afgespeel het, is werklik spesiaal. Dit is asof jy sรฉlf deel is van die verhaal en nie net โ€™n toeskouer nie,โ€ sรช Rademeyer.
โ€œDie besoekpunt hierna was die ou Z.A.R. Polisiestasie wat in 1897 gebou is en die toer het afgesluit met โ€™n wonderlike verassing โ€“ in die middel van Krugersdorp is โ€™n baie ou jakarandaboom; by hierdie einste boom het Oom Paul Kruger gereeld in sy skadu ontspan en het vandaar besluit om die Ou Toppies Club te help stig, waar persone van die dorp byeen kan kom om te ontspan, maar ook is gesprekke gevoer om โ€™n beter toekoms te skep.โ€
Rademeyer meen โ€™n toer soos hierdie maak mens se oรซ weer oop na hoe ryk Krugersdorp se erfenis is. Dit laat jou met ander oรซ die dorp verken en dit maak mens weer trots op dit wat ons het.
โ€œDeur toere soos hierdie by te woon, leer โ€™n mens soveel meer, maar meer as dit laat dit die verhale voortleef en sรณ kan elkeen bydra tot die behoud van ons erfenis.โ€