Die Pietersburg-konsentrasiekamp het vandag โ€™n splinternuwe baadjie aan en dit is als te danke aan Hester Roodt, ondervoorsitter van die FAK-Kultuurnetwerk in diรฉ dorp.
Aan die begin van die jaar het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) reeds groot planne in plek gehad om hierdie erfenisterrein te restoureer. Met Roodt aan die stuur van sake is hierdie planne aan SAHRA voorgelรช en vroeg goedgekeur en die afgelope naweek het die saadjie van hoop uiteindelik begin groei.
Hierdie was een van die grootste projekte wat nog deur โ€™n kultuurnetwerk aangepak is met bykans 400 mense wat met die FAK hande gevat het om die waardevolle erfenisskat tot sy volle glorie te herstel.
Verteenwoordigers van Doornkraal Die Voortrekkerskommando, Hoรซrskool Pietersburg, Laerskool Pietersburg Oos, Pietersburg Laerskool, Hoรซrskool Tom Naudรฉ, die MOTHS, NG Kerk Ring van Pietersburg NG Kerk Pietersburg, Afrikaanse Protestantse Kerk APK Pietersburg Jeug: Mikrofoon, Afrikaanse Protestantse Kerk Pietersburg APK Pietersburg Aquila, die GHOST RIDERS MC LIMPOPO, AfriForum Pietersburg, VF Plus – Limpopo en die Bittereinders het elk hul hand opgesteek om diรฉ projek โ€™n sukses te maak.
Charles Rademeyer, voorsitter van die FAK Jeug en kultuurkoรถrdineerder in die Noordelike provinsies, sรช hy is baie trots om saam met so โ€™n dinamiese span soos die Pietersburg-Kultuurnetwerk aan hierdie projek te kon werk.
โ€œWaar daar โ€™n plan is, is daar altyd โ€™n weg en dit het Hester en haar span die naweek weer bewys,โ€ sรช Rademeyer.
โ€œHulle het baie hard gewerk om hierdie projek โ€™n sukses te maak.โ€
Rademeyer vertel dat die eerste stappe was om beveiliging aan te bring en water aan te lรช. Daarna is die grafte gerestoureer en die terrein is verfraai.
โ€œMens vra dalk โ€˜waarom is hierdie pogings so belangrik?โ€™ en die antwoord is eintlik doodeenvoudig: Ons Afrikanererfenis, soos die van die ander gemeenskappe in Suid-Afrika, dra by tot die groter diversiteit van ons land. Dit is meer as net โ€™n versameling van ou stories, liedjies en tradisies. Ons erfenis vertel ons wie ons is, hoe ons hier gekom het, en help ons om sin te maak van die toekoms.โ€
โ€œSoos ons in die 21ste eeu vorentoe beweeg, het ons โ€™n kritieke taak om โ€™n balans te handhaaf tussen modernisering en die bewaring van ons historiese wortels. Sonder bewaring, loop ons die risiko dat ons kinders en hul kinders nie die ryk erfenis van die Afrikanerkultuur sal ken of waardeer nie. Dit is ons verantwoordelikheid om hierdie rykdom te beskerm, nie net vir onsself nie, maar ook vir diรฉ wat na ons gaan kom. Ons verlede is die basis waarop ons toekoms gebou word, en sonder erfenisbewaring het ons geen fondament om op te staan nie.โ€
โ€œBaie dankie aan elkeen wat die dag bygewoon het en die dag moontlik gemaak het, รฉn natuurlik die gemeenskap vir julle ondersteuning.โ€
Roodt het Charles se woorde geรซggo en sรช sy is baie trots op die gemeenskap. โ€œToe ons in Februarie hier begin werk het, was die plek in โ€™n vreeslike toestand. Ons het begin met 14 mense en met die gemeenskap se inkoop kon ons berge versit. Dit maak mens baie trots,โ€ sรช Roodt.
Vryheidsfront Plus.-raadslid Ben Jordaan sรช hy is baie trots op die FAK en die gemeenskap wat saamgewerk het, hand opgesteek het en gesรช het โ€œons onthou en sal nie vergeet nieโ€.