Op 2 November 2024 is die 200ste bestaansjaar van die Kaapse Sinode herdenk. Sedert die eerste Sinodesitting op 2 November 1824 het talle instellings, organisasies en inisiatiewe, vanweรซ aanvoerwerk en dryfkrag vanuit die geledere van predikante en teoloรซ, hul beslag gekry.
Die FAK se Kaapse kantoor se personeel en FAK-vriende het Saterdag die lewe en werk van 28 van hierdie predikante in herinnering geroep met besoeke aan hul laaste rusplekke in die Woltemade- en Onderpapegaaiberg-begraafplase en die kerkhof van NG Moedergemeente Stellenbosch.
As gemeenskapsleiers doen van hierdie predikante pionierswerk in uiteenlopende velde. AD Lรผckhoff sr. en jr. op die gebied van armsorg, PK Albertyn vir die Sondagskool, BB Keet as Bybelvertaler, GBA Gerdener met die vertaling van Gesange en GS Gericke vir die ACSV. Talle publikasies verskyn ook uit die penne van hierdie predikante.
In โ€™n tyd toe Kaapse teologiestudente nog hul opleiding in die buiteland moes kry, kruis die paaie van drie Kaapse jongmanne John Murray, Johannes Henoch Neethling en Nicolaas Hofmeyr by die universiteit in Utrecht. Terug in Suid-Afrika word hulle โ€™n formidabele driemanskap wat nie net die stigting van die Kweekskool op Stellenbosch teweeg bring nie, maar ook twee skole en die universiteit.
In ons volksgeskiedenis duik die name van predikante ook op. FD Moorrees was in die buiteland โ€™n veldprediker tydens die Tweede Wรชreldoorlog. Die Lรผckhoff-predikante, pa, seun en kleinseun, doen geestelike bearbeiding onderskeidelik onder die fortuinsoekers by Du Toitspan, die Boerekrygsgevangenes op Bermuda en die vroue en kinders in die Bethulie-konsentrasiekamp terwyl J du Plessis pastorale sorg verleen aan boere in die binneland.
As leiersfigure tree van die predikante in vir hul mense. Ds. PJG de Vos en A Moorrees vergesel die afvaardiging na Engeland in 1900 om โ€™n einde aan die oorlog te probeer bewerkstelling. In 1965 getuig GS Gericke in die SWA-saak in die wรชreldhof in Den Haag. Aan feesorganiseerders en sprekers het dit ook nie ontbreek nie. Ds. A van der Merwe het byvoorbeeld die leiding geneem met die inwyding van die Franse Hugenotemonument in 1948 en was die voorsitter van die sentrale feeskomitee van die 1952-Van Riebeeckfees, en Adriaan Moorrees het die redes gevoer by die 100-jaar-herdenking van president Paul Kruger se geboorte en die roudienste van Christiaan de Wet en Marie Koopmans-de Wet.
Die lewensverhale en nalatenskap van hierdie predikante inspireer en laat jou met verwondering oor en waardering vir die visie, pionierswerk en werkywer van hierdie gemeenskapsleiers in ons geskiedenis.
Ons sluit af in die kerkhof van die NG Moedergemeente op Stellenbosch by die graf van Pieter van der Spuy, die eerste Afrikaner wat predikant geword het.