Nadat hy Ronell Erasmus se plek as deel van Touch of Class ingeneem het, het Ruhan du Toit besluit om ’n sololoopbaan te volg.

Sy eerste solo-enkelsnit en musiekvideo, “As jy dink jy weet”, is pas vrygestel en is geskryf deur die ervare liedjieskrywer Johan Oberholzer. Die snit gaan oor presies wat die titel sê: wat jy dink en wat jy weet is nie noodwendig dieselfde nie; wanneer mense gewoond raak aan mekaar, word gevoelens nie duidelik gekommunikeer nie, en beland mense in ’n gemaksone.

Ruhan is nou al 26 jaar in die musiekbedryf en hierdie enkelsnit lui ’n nuwe era in sy musiekloopbaan in. Touch of Class sal bly voortbestaan, met Dusty Dixon as Deon van der Merwe se sangmaat.

KLIK hier om na die video te luister.