Deur Neels Jackson

Roger Federer teen Rafael Nadal.

Watter opwinding het die vooruitsig van ’n vertoonwedstryd vroeg in Februarie in Kaapstad tussen dié twee reuse van die tennis nie onder Suid-Afrikaners losgemaak nie! En dis g’n wonder nie. Saam met Novak Djokovic het Federer en Nadal tennis die afgelope jare oorheers soos nog nooit tevore nie.

’n Mens hoef maar net ’n bietjie terug te kyk na die statistiek van die vier Grand Slam-toernooie om die omvang van hierdie oorheersing te besef. Dis nou die Australiese Ope in Januarie, die Franse Ope in Mei/Junie, Wimbledon in Julie en die Amerikaanse Ope in Augustus/September. Met vier Grand Slam-toernooie per jaar, is daar 40 titels in ’n dekade op die spel.

In die afgelope dekade van 2010 tot 2019 – die 2010’s – het dié drie spelers 33 daarvan ingepalm. Djokovic het 15 gewen, Nadal 13 en Federer 5. In die hele tien jaar was daar net drie ander spelers wat Grand Slams kon wen. Andy Murray en Stan Wawrinka het elkeen 3 gewen en Marin Cilic net 1.

’n Mens kan maar net wonder watter spelers sou kampioene van die groot toernooie kon word as Federer, Nadal en Djokovic nié daar was nie. David Ferrer? Thomas Berdych? Milos Raonic? Kei Nishikori? Suid-Afrika se Kevin Anderson?

Om verder te lees, klik hier: https://www.fak.org.za/flink/