Die FAK het die kunste en kunstenaars gedurende die #korona-inperkingstydperk ondersteun, veral deur bewusmaking. Die soeklig is ook geplaas op diegene wat in die geskiedenis baanbrekerswerk gedoen het met die skryf van Afrikaanse tonele.

Gedurende die tyd van inperking het die FAK gratis e-publikasies van vorige toneelstukke gepubliseer. Lê lekker in die gemak van jou uitskopstoel en lees en ondersteun die FAK om bewustheid aan die uitvoerende kunste te skep.