Honderde jong akteurs en tegnici het die afgelope naweek die kalklig laat skyn op die wonder van die Afrikaanse kunste tydens die finale ronde van die FAK Allegretto Toneelfees, in die Voortrekkermonument (VTM). Dié besonderse toneelfees is vanjaar weer met trots aangebied deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en het die beste teatervertonings van [...]
Die Pietersburg-konsentrasiekamp het vandag ’n splinternuwe baadjie aan en dit is als te danke aan Hester Roodt, ondervoorsitter van die FAK-Kultuurnetwerk in dié dorp. Aan die begin van die jaar het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) reeds groot planne in plek gehad om hierdie erfenisterrein te restoureer. Met Roodt aan die stuur van sake [...]
Vandag is die 149ste herdenking van die geboorte van Gustav Schoeman Preller, ’n sleutelfiguur in Suid-Afrikaanse geskiedenis, letterkunde en Afrikanerkultuurbewaring. Die afgelope Saterdag, 28 September, het die afstammelinge van die Preller-gesin by die geskiedkundige Gustav Preller-familiebegraafplaas in Pelindaba, bymekaargekom om hulde aan hul voorgeslagte te bring. Die herdenking is bygewoon deur lede van die [...]
Die Heldeakker het vandag gemeenskapslede, kultuurorganisasies en plaaslike groepe suksesvol bymekaargebring om die geskiedkundige Heldeakker-begraafplaas in Pretoria vir Krugerdag voor te berei. Die lenteseisoen wat nou behoorlik aangebreek het, was die perfekte rede om vandag te begin skoonmaak toe die eerste bloeisels die bome begin versier het. Belanghebbendes van verskeie organisasies, waaronder die Jakaranda Korps, [...]
Die Animato A Capella-sangkompetisie is vanjaar vir die tiende jaar op 4 en 5 Oktober by die Voortrekkermonument in Pretoria aangebied. Skole uit die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en die Wes-Kaap het deelgeneem. Jong sangers van regoor die land het gekom om deel te neem aan die finale rondte van vanjaar se Animato A Capella-kompetisie. [...]
Die Voortrekkermonument het op Erfenisdag behoorlik gewemel van opgewondenheid met die lang verwagte Genealogie- en Familiefees wat weer vanjaar aangebied is. Die geleentheid, ’n geliefde tradisie, het vir feesgangers ’n unieke geleentheid gebied om diep in hul familiewortels te delf terwyl hulle ’n verskeidenheid aktiwiteite geniet wat toegewy is aan die bewaring van familie-erfenis. Die [...]
Erfenismaand, in die Vrystaat, is by die FAK se Udolpho Rivierplaas gevier met veldflieks, kultuuraktiwiteite en 'n kruis wat geplant is vir die Liebenberg-moorde. Op 21 en 24 September het Udolpho gewemel van opgewondenheid met ryk kulturele geleenthede om Erfenisdag te vier. Die feesvieringe het op 21 September afgeskop met 'n spesiale veldfliekaand met "Spook [...]
Danksy Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en lede van die gemeenskap het 30 bejaardes vir die eerste keer die merkwaardige Vegkop-slagveldterrein, naby Heilbron in die Vrystaat, kon besoek en beleef. Die FAK se Sentraal-Kultuurnetwerk het op 18 September ’n besondere toer vir bejaardes na die Vegkop-slagveldterrein gereël, waar die ryk geskiedenis van hierdie belangrike [...]
Huntington Hall, ’n herehuis van diepgaande historiese betekenis in die dorpie Sabie, is gisteraand tragies in ’n brand verwoes. Die oorsaak van die brand is steeds onbekend, maar vroeë berigte dui daarop dat die brand beide die hoofhuis en ’n aangrensende buitegebou verswelg het. Huntington Hall was meer as net ’n struktuur; dit was ’n [...]
Dr. Annelise de Vries, 'n baie bekende naam in die akademiese wêreld op net 34 jaar oud, is aangewys as die nuwe Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK). De Vries sal op 1 November by professor Anne-Marie Beukes oorneem en die jongste persoon word wat ooit hierdie gesogte pos [...]
HoofnuusWebmeester2023-04-25T06:29:13+02:00