Die sonsopkoms oor die Voortrekkermonument het op 23 Oktober 2025 meer as net lig gebring. Dit het betekenis, kultuur en geskiedenis saamgevoeg in ’n plegtige viering van taal. Op hierdie dag het die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ’n merkwaardige publikasie onthul: ’n Grieks-Afrikaanse Woordelys, saamgestel deur Antonis [...]
Musiek bring hoop in die donkerste tye en hiervan kan Tuin Schoeman eerstehands getuig. Dié naaswenner van die FAK se Afrikaanse liedjieskryfkompetisie, Skryf’it, het vir 19 jaar met die donkerte van verslawing gestoei, met musiek haar enigste reddingsboei. “Ná my ontslag uit rehabilitasie, het ek besluit om vir Skryf’it in te skryf. As ’n [...]
Die Afrikaanse Kunsvereniging (AKV) het op 13 en 14 Oktober jong kunstenaars by hul jaarlikse toekenningsgeleentheid in die Senotaafsaal by die Voortrekkermonument vereer. Hierdie geleentheid was nie net ’n viering van talent nie, maar ook ’n getuienis van die AKV se ryk geskiedenis en volgehoue bydrae tot die Afrikaanse kuns en kultuur. Die AKV, [...]
Tydens die OppiHoef Kultuurfonds-komitee se jaarlikse kultuuraand en dankbetuiging was die Orania CVO-skool se saal Maandagaand 14 Oktober getooi met ’n elegansie van lig, klank en trots. In ware Orania-gees is kultuur nie net vertoon nie, maar gevier – met styl, passie en opregte dankbaarheid teenoor diegene wat dit moontlik maak om in hierdie hegte [...]
“My vader was ‘n musikant” was nog nooit tevore in soveel kreatiewe en opgewekte verwerkings gehoor soos Saterdag 11 Oktober in die AfriForum-teater in Pretoria nie. Hierdie FAK-volksliedjie was die tema van die negende jaarlikse Animato A Capella-sêrkompetisie se nasionale finaal en hoërskoolsanggroepe van reg oor die land het vir ’n fees van talentvolle stemme, [...]
’n Hoopvolle en geskiedkundige gebeurtenis het hom op die 200ste herdenking van die geboorte van pres. Paul Kruger afgespeel toe ’n brons standbeeld van dié eertydse staatsman van die ZAR amptelik op 10 Oktober op Orania in die Noord-Kaap onthul is. Meer as 2 000 mense het in die feestelikheid gedeel om Kruger, die persoon wat [...]
“Die naweek se musiekprogram was van uitsonderlike gehalte.” Só sê Dawid Oelofse, die voorsitter van Oog-Klassiek, en bevestig hoekom die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Jeugsimfonieorkes (JSO) as een van Suid-Afrika se mees belowende jong klassieke groepe beskou word. Die JSO het van Vrydag 3 Oktober tot Maandag 6 Oktober by Die Oog Aftree-Landgoed [...]
’n Ongelooflike toneel het Donderdagoggend 2 Oktober in Orania afgespeel toe die standbeeld van president Paul Kruger, wat vir nege dae op toer was, uiteindelik sy nuwe tuiste bereik het. Dié brons standbeeld, ’n 4 meter hoë ewebeeld van die een op Kerkplein in Pretoria, het op Erfenisdag, 24 September, ná afloop van die presidensiële [...]
Die ewebeeld van die 4 meter hoë standbeeld van pres. Paul Kruger wat op Kerkplein staan, wat tans deur die land op pad na sy eindbestemming in Orania toer, het op Dinsdag 30 September sy spore in Heilbron en by Vegkop gelaat – en daarmee saam ’n dag van betekenisvolle herinnering, opvoeding en gemeenskapsamekoms geskep. [...]
Die Voortrekkermonument het onlangs as betekenisvolle agtergrond gedien vir die finale ronde van die Con Spirito Nasionale Debatkompetisie. Leerders van reg oor die land het mekaar op 1 en 2 Oktober die (woorde)stryd aangesê. Dié kompetisie, wat vanjaar sy vyfde bestaansjaar vier, gaan nie bloot oor wen of verloor nie, maar om die krag [...]
HoofnuusWebmeester2023-04-25T06:29:13+02:00
