Mediaverklaring 5 Februarie 2024 In die Heldeakker rus helde wat diep spore deur Suid-Afrika getrap het. Sonder dat ons weet, het hierdie helde bygedra tot wie ons vandag is. Buiten vir die bekende figure wat in hierdie begraafplaas rus, is daar vele ander wie se bydrae ook gevier behoort te word. Met die Federasie [...]
Die tjello is ’n strykinstrument met vier snare wat met ’n strykstok bespeel kan word of gepluk kan word. Die naam van die tjello is afkomstig van die laaste deel van die Italiaanse woord viloncello, wat “klein viooltjie” beteken. Die term violone word vandag gebruik vir die vioolinstrumente met die laagste toonhoogtes wat aan [...]
Mediaverklaring 30 Januarie 2024 Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) maak geskiedenis en erfenis lewend. Die afgelope naweek het lede van die publiek en die FAK-Kultuurnetwerk in die Wes-Kaap, ’n verrykende geskiedenisstaptoer onderneem op die Muratie Wynlandgoed, ’n plaas met ’n geskiedenis byna so oud soos die land self. “In ’n tyd wat ons [...]
Mediaverklaring 29 Januarie 2024 Afrikaners staar een belangrike feit in die gesig: die regering gaan nie ons erfenis beskerm nie. Daarom neem die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge sake in eie hande om die voortbestaan van standbeelde, erfenisterreine, monumente, gedenktekens en geskiedenis te verseker. Lede van die FAK het die SA Akademie vir Wetenskap en [...]
Mediaverklaring 27 November 2023 Die 42-jare Jacky Burgess wou net die ou huis waar haar ouma en oupa gebly het vir haar gesin wys. Die dag het heel anders uitgedraai as wat sy beplan het. Brugess, tans woonagtig in Sydney, Australië, saam met haar man en kinders, het die terrein besoek om te deel [...]
Mediaverklaring 15 Januarie 2024 Die Heldeakker-Samewerkingsinisiatief gaan in 2024 van krag tot krag groei. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), tesame met 17 ander instellings en organisasies, het reeds die afgelope naweek hul eerste opedag van die jaar gehad. Dié samewerking is in Julie 2023 bewerkstellig nadat Quentin Meyer, die voorsitter van die FAK-Noord-van-die-Berg-Kultuurnetwerk, [...]
Mediaverklaring 11 Januarie 2023 Vir byna ’n eeu kan die Afrikanergemeenskap op die FAK staatmaak vir die ontwikkeling en beskerming van Afrikanergeskiedenis, -erfenis en Afrikaans as taal. 95 jaar gelede het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) die taak aangepak om die Afrikanerkultuur te bevorder. 95 jaar later floreer die FAK en groei Afrikanererfenis [...]
Van Amerikaner tot Afrikaner Edward Pauw is gebore en woon in Amerika, maar vier met trots vir byna ’n dekade lank al Geloftedag saam met sy mense, die Afrikaners. Pauw se grootouers het meer as 100 jaar terug van Nederland na Amerika getrek. Hy het in twee Hollandse kerke sy geloofswortels gevind. Sy ouers en [...]
Afrikaners in Australië stig Afrikaanse kerk en vier vanjaar met trots saam die 185ste Geloftefees. Die FAK het uitgereik na Geloftefeeste in die buiteland en deel graag die verhaal van Kerneels Olivier. Dis vir die FAK ’n riem onder die hart om te sien hoe internasionale Geloftefeeste steeds voortgaan en groei. Van kindsbeen af [...]
𝗕𝘆 𝗕𝗹𝗼𝘂𝗸𝗿𝗮𝗻𝘀 - 𝘾. 𝙇𝙤𝙪𝙞𝙨 𝙇𝙚𝙞𝙥𝙤𝙡𝙙𝙩 Die koperkapel kom uit sy gat En sluip die rantjie rond: “Dit het gereën; die veld is nat En nat is die rooi-geel grond.” Die meerkat kom en sy ogies blink, En hy staan orent en wag, En die stokou ystervark sê: “Ek dink Die reën kom weer [...]
HoofnuusWebmeester2023-04-25T06:29:13+02:00