• Die plundering en vandalisering van geskiedkundige erfenisbakens landwyd is besig om ongekende afmetings aan te neem. Beelde word onthoof en selfs menslike oorskot ongeërg deur vermeende moetiejagters opgegrawe.In die jongste voorval is ’n reusegat aan die voet van die historiese Retiefklip by Kerkenberg in KwaZulu-Natal gegrawe, die glaskassie wat die beskilderde rots beskerm, is oopgebreek, [...]

  • Die bekende Voortrekkerkinderbeeld wat reeds vir jare op die terrein van Hoërskool Voortrekker in Boksburg aan die Oos-Rand staan, is in die veilige hande van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ná dit onlangs deur ’n boom beskadig is. Die beeld, geskep deur die beeldhouer Phil Potgieter, is ’n belangrike deel van die skool se [...]

  • “... Want dit is óns mense, óns storie, óns kultuur.” Só antwoord Charles Rademeyer, kultuurkoördineerder van die FAK, die vraag: “Waarom moet ons nog die mense onthou wat tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het?” Rademeyer het op Sondag 18 Mei, op die vooraand van die herdenking van die Vrede van Vereniging wat op 31 [...]

  • Afrikaanse musiek is omtrent net so oud soos die taal self; die eerste FAK-sangbundel is in 1937 gepubliseer en die eerste kontemporêre Afrikaanse liedjies het omtrent dieselfde tyd verskyn. Hier is ’n honderd van die grootste kontemporêre Afrikaanse treffers van die afgelope honderd jaar; die “volksliedjies” wat in die oorspronklike FAK-sangbundel voorgekom het, word nie [...]

  • “Woorde is almal s’n, nie net myne nie ... al wat myne is, is my sinne; in sinne is alle woorde myne waar ek my in kan verdiep ...” So skryf prof. Jaap Steyn in sy debuutbundel (en ook sy enigste poësiebundel), Die grammatika van liefhê. Dié onsterflike woorde van Steyn verwoord die wese van [...]

  • Hoendervleis, trane wat vlak lê, skouers wat op die maat van musiek wieg en luide applous. Dít was die emosiebelaaide skouspel wat hom op Saterdag 10 Mei in die Voortrekkermonument se Heldesaal afgespeel het tydens die jaarlikse Monumentale Koorfees. Dit is die derde jaar wat die Monumentale Koorfees in samewerking met die Federasie van Afrikaanse [...]

  • Dertien leerlinge van Hoërskool Duineveld in Upington het op 9 Mei by die Voortrekkermonument gekuier en hul kritiese denke op die proef gestel met ’n insiggewende debatwerksessie, aangebied in samewerking met Con Spirito en die FAK. Lieandri Ackermann, projekbeampte by die FAK, sê dit is spesiaal om hierdie werksessie saam met Con Spirito te kon [...]

  • Die FAK in samewerking met Entertainment & Event Factory en Vonk Musiek het as deel van die 100ste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike landstaal ’n opwindende liedjieskryfkompetisie genaamd Skryf’it bekendgestel. Skryf’it is die eerste liedjieskryfkompetisie van sy soort in Suid-Afrika wat die liedjieskrywers van die toekoms ’n platform gee om hul pennevrug, saam met van [...]

  • “Vryheid en onafhanklikheid” – dít is die boodskap van die Swahili-woord “uhuru”, wat vandag nog as ’n “opdrag” deur Afrika-murg en -been bruis. Dit is presies hierdie vryheidsideaal wat dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), se jongste boek, Uhuru – Die Afrika-rewolusie tussen 1945 en 1960, geïnspireer het: die [...]

  • “Dit is kunstenaars se verantwoordelikheid om kultuur te laat voortleef!” Só vertel die kunstenaar Kobus Möller toe hy ’n groep kunstenaars én aspirantkunstenaars by die Voortrekkermonument in Pretoria verwelkom het. Hulle het sy meesterklas oor die skep van tekstuur en die maak van jou eie kunsdoek op Saterdag 3 Mei bygewoon. Möller se indrukwekkende natuurskilderye [...]