• Mediaverklaring 9 November 2023 Die FAK het die oorblywende erfenisskatte en die oorskot van die Ampie Bosman Kultuurhistoriese museum gaan verwyder en in bewaring geneem voordat diewe dit vir ons doen. Meer as twee weke sedert die brand op 24 Oktober by die museum in Lichtenburg uitgebreek het, is daar steeds geen antwoorde gegee [...]

  • Mediaverklaring 8 November 2023 “Nie om gedien te word nie, maar om te dien.” Dié woorde staan op die grafsteen van Paul Roos, die rugbylegende waarna die Paul Roos Gymnasium vernoem is. 50 jong rugbyspelers het dié naweek die Onder-Pappegaaiberg-begraafplaas by Stellenbosch saam met personeel van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) besoek, die [...]

  • Hoewel die jaar einde se kant toe staan, het ’n aantal kunstenaars nuwe musiek vrygestel; onder hulle is die eerste enkelsnit vanaf ’n gewilde sanger se jongste album, die temaliedjie van ’n televisieprogram op kykNET, ’n liedjie wat opgedra is aan een van die gewildste Springbok-rugbyspelers op die oomblik en die eerste enkelsnit deur ’n [...]

  • Sedert hy in 2022 sy buiging in die plaaslike vermaakbedryf gemaak het, sien die sanger, liedjieskrywer en akteur, Ilán van Staden, se bewonderaars al uit na sy eerste vollengte album. Nou, na meer as ’n jaar se harde werk en beplanning, is die wag uiteindelik verby, want MY MENSE is pas vrygestel en beloof [...]

  • Mediaverklaring 11 Oktober 2023 ’n Voormalige Boeregeneraal van die Anglo-Boereoorlog se graf is gruwelik geskend en opgegrawe in sy familiebegraafplaas. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het laat gistermiddag (10 Oktober) die nuus ontvang dat die graf van voormalige ’n Boeregeneraal van die Anglo-Boereoorlog (ABO), Andries Cronjé, gruwelik geskend en opgegrawe is. Die grafskending [...]

  • Mediaverklaring 09 Oktober 2023 President Paul Kruger is vir alle Afrikaners ’n held en inspirasie. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerk in Rustenburg herdenk jaarliks die nalatenskap van Paul Kruger rondom Heldedag wat op 10 Oktober plaasvind. In besonder word Paul Kruger en die spore wat hy in Rustenburg getrap het met [...]

  • Mediaverklaring 8 Oktober 2023 Oom Paul se verjaardag is om die draai en daarom het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die Voortrekkermonument (VTM), vir die afgelope week gesorg dat die Heldeakker in ons pragtige Jakarandastad skoon en netjies is vir die verrigtinge wat op 10 Oktober daar gaan plaasvind. Die Heldeakker-samewerkingsinisiatief, waarvan [...]

  • Mediaverklaring 3 Oktober 2023 Die Matlosana-munisipaliteit het erken dat hulle onregmatig en onwettig die Groot Trek Eeufeesgedenkmonument verander het toe die plaaslike munisipaliteit ’n gedenksteen van amptenare wat aan Covid-19 gesterf het, teen die agterkant van die gedenksteen opgerig het. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) veroordeel ten sterkste die miskenning en verandering van [...]

  • Mediaverklaring 3 Oktober 2023 Met die klap- en knalgeluide van voorlaaiers is die Slag van Vaalrivier die afgelope naweek herdenk. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Parys en Vaal Kultuurnetwerke het oor die afgelope naweek op Udolpho Rivierplaas buite Parys in die Vrystaat geskiedenis laat herleef tydens die vertolking van ’n skyngeveg. “Dit [...]

  • Mediaverklaring 29 September “Ons erfenis is besig om voor ons oë te verbrokkel.” Só sê Barry Müller, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerk koördineerder, nadat die FAK ’n regsbrief op die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit beteken het. Die FAK probeer al maande lank om die munisipaliteit te kry om hulle verpligtinge na te [...]