Deur Alita Steenkamp

Haar gunsteling Afrikaanse woord is hardekwas, of sommer harrekwas soos wat net ’n Afrikaanssprekende kan sê. Gepraat van hardekwas, Irma Venter kry dit uitstekend reg om hardekwas karakters te skep wat help om grusame misdade te ontrafel en haar lesers enduit vasgenael te hou in die bladsye van ’n boek. Sy is ’n knap skrywer van misdaadfiksie en het reeds ’n hele paar titels op die rak. Haar heel eerste roman, Skoenlapper, het in 2012 verskyn en sedertdien het sy dit uitgebrei tot ’n hele reeks waarin sekere karakters keer op keer opduik – die sogenaamde S-reeks. Dit is intelligente misdaadfiksie wat vertel word uit die mond van verskeie vertellers. Irma slaag onverbeterlik daarin om elkeen van die verskillende vertellers in ’n eie stem te laat gesels. Dis moeilik om een van haar boeke neer te sit voordat jy nie presies weet hoe die saak uiteindelik ontknoop word nie!

Vir Irma het die droom om eendag boeke van haar eie te skryf, reeds op skool begin. Tog was dit nie iets wat oornag gebeur het nie. Op 15-jarige ouderdom het sy voor die televisie gesit en kyk na die val van die Berlynse Muur op 9 November 1989, en daar en dan geweet sy sal graag die joernalistieke wêreld wil betree. Sy wou graag mense se stories vertel. Vir haar het dit veel interessanter gelyk as om iewers in ’n laboratorium te sit of in ’n kantoor te werk.

As jy verder wil lees, klik hier om die Januarie-uitgawe van ons digitale tydskrif, Flink, lees: https://www.fak.org.za/flink/