Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Die Orania-gemeenskap herdenk op 11 November die duisende plaasmoordslagoffers en soldate wat op die grens gesterf het. Alhoewel die dag nie ’n amptelike vakansiedag in die Orania-gemeenskap is nie, word daar ’n verrykende program en kranslegging aangebied waar die gemeenskap eer kan betoon aan mense wat in die stryd met hulle lewens betaal het. Inwoners [...]

  • Op 10 Oktober het die Bloemfonteinse Afrikaner Kultuurraad (BAK) sy eretoekenningsfunksie in Bloemfontein gehou waar die FAK ook vyf toekennings oorhandig het aan persone vir hul uitnemende werk vir die bevordering van ons erfenis. Die geleentheid het die uitsonderlike bydraes van sleutelpersone in die behoud en bevordering van Afrikanerkultuur gevier. Die geleentheid is bygewoon deur [...]

  • Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het die afgelope naweek sy eerste Genealogiefees in die Kaap gehou in samewerking met die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV). FAK-Genealogiefeeste word reeds sedert 2020 in Pretoria onder leiding van Isabel Groesbeek, aan die stuur van die FAK Genealogielessenaar, gehou. Nou was dit ook die Kaap se [...]