Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Mediaverklaring 3 Junie 2024 Tientalle mense het die naweek een van die mees unieke “kampervarings” by die FAK se Uolpho Kultuurplaas in Parys beleef. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke in die Vrystaat het die afgelope naweek ’n nuwe opelugmuseum in die vorm van ’n klein konsentrasiekamp opgerig om in Juniemaand bewusmaking te bring [...]

  • Mediaverklaring 31 Mei 2024 In die hoofstraat van Carolina staan die standbeeld van veldkornet Adriaan Jacobus de Lange vandag weer trots sy plek vol, na dié beeld onlangs deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gerestoureer en verskuif is. Die Carolina Burgermonument, wat sedert 1930 voor die NG Kerk staan, is in Junie 2021 gevandaliseer [...]

  • Mediaverklaring 24 Mei 2024 ’n Blokhuis wat in puin lê, is deur die FAK en die Erfenisstigting gered. Dié “Rice Pattern”-blokhuis is geleë in Thaba Tshwane militêre dorp in Pretoria en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het drie maande terug gehoor dat dit gevandaliseer is. ’n Groep van die FAK, Erfenisstigting en erfeniskenners het [...]