Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land. 
Kontak hom gerus by:

Lieandri Ackermann

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Jolene le Roux

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Cara Tomlinson

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Noord-Kaap.
Kontak haar gerus by:

  • ’n Ongelooflike toneel het Donderdagoggend 2 Oktober in Orania afgespeel toe die standbeeld van president Paul Kruger, wat vir nege dae op toer was, uiteindelik sy nuwe tuiste bereik het. Dié brons standbeeld, ’n 4 meter hoë ewebeeld van die een op Kerkplein in Pretoria, het op Erfenisdag, 24 September, ná afloop van die presidensiële [...]

  • Die ewebeeld van die 4 meter hoë standbeeld van pres. Paul Kruger wat op Kerkplein staan, wat tans deur die land op pad na sy eindbestemming in Orania toer, het op Dinsdag 30 September sy spore in Heilbron en by Vegkop gelaat – en daarmee saam ’n dag van betekenisvolle herinnering, opvoeding en gemeenskapsamekoms geskep. [...]

  • Die reisende, 4 meter hoë Paul Kruger-standbeeld, ’n brons ewebeeld van die een op Kerkplein, wat op pad is na sy eindbestemming op die beplande Orania-stadsplein, het Maandagoggend 29 September sy stempel in Vereeniging afgedruk en toe die aand by die FAK se Udolpho-Rivierplaas afgesluit. Die besoek het die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog, die Vrede [...]