Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Mediaverklaring 12 Februarie 2024 Geen hittegolf kan keer dat die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke nie hul passie vir erfenisbewaring kan uitleef nie. Die afgelope naweek is die Kroonstad-konsentrasiekampkerkhof deur die FAK se Kroonstad en Vaal kultuurnetwerke in samewerking met verskeie organisasies skoongemaak. “Hierdie konsentrasiekampkerkhof was groot met 2500 mense. Meer as [...]

  • Mediaverklaring 5 Februarie 2024 In die Heldeakker rus helde wat diep spore deur Suid-Afrika getrap het. Sonder dat ons weet, het hierdie helde bygedra tot wie ons vandag is. Buiten vir die bekende figure wat in hierdie begraafplaas rus, is daar vele ander wie se bydrae ook gevier behoort te word. Met die Federasie [...]

  • Mediaverklaring 30 Januarie 2024 Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) maak geskiedenis en erfenis lewend. Die afgelope naweek het lede van die publiek en die FAK-Kultuurnetwerk in die Wes-Kaap, ’n verrykende geskiedenisstaptoer onderneem op die Muratie Wynlandgoed, ’n plaas met ’n geskiedenis byna so oud soos die land self. “In ’n tyd wat ons [...]