Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Prof. Adriaan Moorrees is ’n teologiese reus en word in dié kringe vereer vir die blywende impak wat hy op dié front gemaak het. Personeel van die FAK in die Wes-Kaap het op die 85ste herdenking van die afsterwe van prof. Adriaan Moorrees sy graf in die Maitland-begraafplaas besoek en skoongemaak. Prof. Moorrees is [...]
Mediaverklaring 10 November 2023 Elke eerste Saterdag van ’n nuwe maand kom die Heldeakker-samewerkingsinisiatief bymekaar om die Heldeakker tot sy vorige glorie te herstel. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), tesame met ander organisasies, is aktief betrokke en sorg dat ons Afrikanererfenis nie verder verval nie. Oor die afgelope naweek het nasate van die [...]
Mediaverklaring 9 November 2023 Die FAK het die oorblywende erfenisskatte en die oorskot van die Ampie Bosman Kultuurhistoriese museum gaan verwyder en in bewaring geneem voordat diewe dit vir ons doen. Meer as twee weke sedert die brand op 24 Oktober by die museum in Lichtenburg uitgebreek het, is daar steeds geen antwoorde gegee [...]