Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Mediaverklaring 8 Oktober 2023 Oom Paul se verjaardag is om die draai en daarom het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die Voortrekkermonument (VTM), vir die afgelope week gesorg dat die Heldeakker in ons pragtige Jakarandastad skoon en netjies is vir die verrigtinge wat op 10 Oktober daar gaan plaasvind. Die Heldeakker-samewerkingsinisiatief, waarvan [...]
Mediaverklaring 3 Oktober 2023 Die Matlosana-munisipaliteit het erken dat hulle onregmatig en onwettig die Groot Trek Eeufeesgedenkmonument verander het toe die plaaslike munisipaliteit ’n gedenksteen van amptenare wat aan Covid-19 gesterf het, teen die agterkant van die gedenksteen opgerig het. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) veroordeel ten sterkste die miskenning en verandering van [...]
Mediaverklaring 3 Oktober 2023 Met die klap- en knalgeluide van voorlaaiers is die Slag van Vaalrivier die afgelope naweek herdenk. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Parys en Vaal Kultuurnetwerke het oor die afgelope naweek op Udolpho Rivierplaas buite Parys in die Vrystaat geskiedenis laat herleef tydens die vertolking van ’n skyngeveg. “Dit [...]