Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Die pionier wat Afrikaans tot ’n hoër vlak met sy drukkery gedryf het, is destyds sommer “Dokter” genoem. Op 21 November 1953 is Daniël Francois du Toit in die Paarl gebore en was in 1875 een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Hy het die bynaam “Dokter” gekry omdat hy [...]
Mediaverklaring 25 Oktober 2023 Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het met groot ontsteltenis verneem dat die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum in Lichtenburg in puin is nadat ’n brand gisteraand uitgebreek het. Volgens berigte het die brand omstreeks 20:00 uitgebreek, maar volgens ’n ooggetuie wat op die toneel was, moes die brand reeds tussen [...]
Mediaverklaring 22 Oktober 2023 Dit is ’n voorreg en ’n eer om te kan sien hoe ’n dorp eenhonderd jaar van sy bestaan vier. Op 23 Oktober 1923 is Brits as ’n dorp verklaar. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerk het gister saam die Koersvas Voortrekkerkommando, die Vroue Landbou-unie se Brits tak [...]