Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Mediaverklaring 13 Mei 2023 ’n Klein, dog magtige, groep vrywilligers het vroeg op 13 Mei hul grawe en spitvurke opgetel en saam met die FAK se kultuurnetwerke die Heldeakker in Pretoria opgeknap. Die begraafplaas huisves grafte van groot name uit ons land se geskiedenis, soos Paul Kruger, HF Verwoerd, Pierneef en Eugène Marais en [...]
Mediaverklaring Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Oos-Rand-Kultuurnetwerk en ander belanghebbendes het op 6 Mei die Turffontein-konsentrasiekamp skoongemaak en verfraai ter voorbereiding van Konsentrasiekampdag wat jaarliks op 16 Junie plaasvind. Dié dag, 16 Junie 1900, het die Britse imperialis, Lord Roberts die verskroeideaardebeleid aangekondig en hierdie terrein word voorberei om vir die eerste [...]
Mediaverklaring 19 April 2023 FAK-Kultuurnetwerke spoor Voortrekkerbegraafplaas op; eer Voortrekkerhelde Vanjaar is die 185ste gedenkjaar van die Groot Trek en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) loods vanjaar vele projekte ter ere aan ons voorouers. As deel hiervan neem die FAK verantwoordelikheid van Voortrekkerbakens regoor Suid-Afrika en neem dit in beskerming. Te danke aan [...]