Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
“... Want dit is óns mense, óns storie, óns kultuur.” Só antwoord Charles Rademeyer, kultuurkoördineerder van die FAK, die vraag: “Waarom moet ons nog die mense onthou wat tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het?” Rademeyer het op Sondag 18 Mei, op die vooraand van die herdenking van die Vrede van Vereniging wat op 31 [...]
Skaars ’n week nadat die bekende ruiterbeeld van generaal Koos de La Rey in Lichtenburg gevandaliseer is, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) op Saterdag 5 April verneem dat die borsbeeld op De la Rey se graf beskadig en sy kop afgekap is. Die FAK het Lichtenburg op 3 April besoek om die vandalisering [...]
“’n Volk wat sy taal prysgee verloor sy selfrespek. En ’n volk wat sy selfrespek verloor, verloor alles.” Met hierdie woorde het generaal Barry Hertzog tydens ’n parlementsitting die grondslag gelê om Afrikaans as amptelike taal te laat erken en nou, in die jaar wat Afrikaanssprekendes reg oor die land Afrikaans 100 vier, onthou die [...]