Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.
Kontak hom gerus by:

Lieandri Ackermann
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Jolene le Roux
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Cara Tomlinson
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Noord-Kaap.
Kontak haar gerus by:
’n Propvol kultuurprogram boordensvol vermaak – van redenaars en drama tot musiek en sang – het die Noord-Kaap onlangs behoorlik aan die saampraat én saamsing gehad. CVO-skole in dié provinsie hou jaarliks ’n streeksredenaars- en kultuurbyeenkoms waar leerlinge die geleentheid kry om hul talente op die verhoog ten toon te stel. Vanjaar se byeenkoms is [...]
Saterdag 19 Julie was die 60ste herdenking van die tragiese afsterwe van ’n belowende jong digter. Ingrid Jonker het op hierdie dag in 1965 in die see by Drieankerbaai verdrink. Sy was maar 31 jaar oud. Jonker het reeds op 5-jarige ouderdom haar eerste gedig geskryf. Van haar eerste gedigte is in Die Jongspan, die [...]
Die FAK se Kultuurnetwerk in Pietersburg (Polokwane) het sy ernstige kommer uitgespreek oor die plaaslike munisipaliteit se versuim om die Pietersburg-konsentrasiekampkerkhof in stand te hou en te beveilig. Daar is ook ’n brief aan die munisipaliteit gerig met indringende vrae oor die pad vorentoe. Die herdenkingsmonument ter ere van die Anglo-Boereoorlog se eeufees, wat in [...]
