Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Die Vaal-Kultuurnetwerk het op 8 Augustus ’n aangrypende konsentrasiekamp-opvoering, wat die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog en die verwoestende impak daarvan op gesinne uitgebeeld het, by die Jeugland-tehuis vir bejaardes aangebied. Die vertoning, onder die bekwame regie van Kobie Ströh, het die gehoor geboei en hartlike nadenke oor persoonlike geskiedenisse laat ontstaan. Die verhaal is gesentreer [...]

  • Die nuutgestigte tak in die Noord-Kaap is opgewonde om Cara Tomlinson te verwelkom as die Kultuurkoördineerder vir die Noord-Kaap-streek, wat spesifiek op Orania fokus.   Cara, oorspronklik van die Pêrel, is diep betrokke by Orania sedert sy in 2014 daarheen verhuis het om haar hoërskoolopleiding te voltooi. Sy het haar akademiese strewes aan die NWU [...]

  • Die FAK-kultuurnetwerke is die hartklop van erfenisbewaring in ‘n gemeenskap en die nuwe Pietersburg-Kultuurnetwerk dra nou by tot hierdie pols. Hierdie netwerk is amptelik op die 25ste Julie gestig met ‘n rekord getal gaste wat die geleentheid bygewoon het.   Hester Roodt, ondervoorsitter van die nuutgestigde kultuurnetwerk, sê: "Die stigting van hierdie kultuurnetwerk gaan vir [...]