Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Draers van die boodskap Met die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949, het daar perdekommando’svan dwarsoor die land, selfs vanuit die voormalige S.W.A. en Rhodesië, na Pretoria met groeteboodskappe vertrek. 25 Oktober 1949: Die Rapportryers vertrek uit Kaapstad vir die Die gedagte het by hulle ontstaan om ’n reünie van hierdie “Rapportryers” te hou, [...]

  • Deur Sarina Donges Lees … lees … lees!!!! Geen mens kan die ambisie hê om ’n skrywer te word, as jy nie wyd lees in die genre waarin jy skryf nie. Lees vertalings van digters uit ander lande en in jou eie taal, kyk na resensies, vind uit wat is “in” en wat is [...]

  • Deur Marianda Schlebusch Die Voortrekkers is ’n plek waar jeuglede kultuur, in die natuur, deur avontuur, geniet. Waar anders sal kinders vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou [...]