Esté Geldenhuys

Lux Verbi

Dit is vir ons onmoontlik om God te verstaan, ons kan slegs klein glimpsies van sy karakter kry. Een manier is om God se Name te bestudeer. Esté Geldenhuys het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Name, en in hierdie boek belig sy die belangrikstes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in die Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit te gebruik in gebed.

Oor die skrywer

Esté Geldenhuys is ’n bekende in Christelike mediakringe. Sy was vir 24 jaar uitsaaier op Radio Kansel en het ook verskeie tydsgleuwe op die televisiekanaal Kruiskyk. Sy lei gereeld toere na Israel. Haar eerste twee boeke by Lux Verbi Vroue van die Bybel en Vroue van die Bybel 2 was baie suksesvol. Esté bly in Pretoria.